Friday, January 16, 2015

2023 JAAR VAN GROOT PRET!

(Geen CD's word meer uitgestuur nie - jy laai alle inligting en data net so van die link af wat ek jou stuur op die internet. Maklik.)

Ek gaan hierdie jaar met soveel opgewondenheid binne. Daar is sowat 1000 plus kerke in die land (en selfs die buiteland) wat al die 90 Kinderkerklesse wat ek vir kinderkerke ontwerp het, bestel het. Dis 'n 3-jaar plan om deur die Bybel te 'speel' met speletjies en aktiwiteite wat gebasseer is op geheueprente van die 66 Bybelboeke wat ek opgestel het.  Ek het selfs mense (ouers/kerke/tuisskolers) wat die lesse bestel het vanuit Rome, Sydney, Vancouver, Namibie en Botswana!!   

Daar is 30 lesse per jaar (Jaar 1 is OT, Jaar 2 is OT en Jaar 3 is Nuwe Testament). Met die tydlyn en werkskaarte wat jy vir jou klaskamer kan druk, kan jy die kinders sommer speel-speel die storie van God met die mens in die Bybel leer. Die kleurprente maak dat kinders (en onderwysers!) die Bybelboeke herken en weet wat binne in elk aangaan.  Dit werk die beste vir gr 3-7. (Vir kleiner grade werk die 155 Ou Testament Bybelstories en aktiwiteite met prente beter - kyk gerus hierbo by die skakel vir voorbeelde.)

Ek hoop dat almal groot plesier gaan put uit die deurwerk van die Bybelboeke. Ons het ook by Kuierkerk weer begin om deur die 3-jaarplan te werk. My eie blog, as jy meer van my af wil weet is: www.renevanzyl.blogspot.com - ek skryf ook boeke: avontuur, romans en samesweringsromans - kyk gerus op my persoonlike blad. www.renevanzyl.blogspot.com

Ek hoop my kinderkerlesse is 'n seen vir al die kerke wat dit bestel het. Mag ons kinders weer van voor af leer wat gaan in die Bybelboeke aan en hoe groot is ons God wat ons dien. En mag die kategese onderwysers ook weer 'n passie ontwikkel vir die lesse - en self baie leer uit die aanbiedings!

Ek dank die Here dat ek kon deurdruk en die lesse voltooi - vir ons regterbrein ouens is dit altyd moeilik om iets te voltooi - maar met die Here se genade bly ons gefokus!


 AANBOD: 
Beide hierdie kleuterkerk vir kleuters, voorskool en gr. 1-2 pakkette kan jy koop vir 
R350 - en aflaai van Dropbox op die internet. Jy DOWNLOAD ALLES DEUR DROPBOX OP DIE WEB EN BETAAL GEEN POSGELD!! Ek stuur net vir jou die link!



Soek jy na lekker KLEUTER, VOORSKOOL TOT GR. 2 materiaal?
Beide pakkette gaan jou kinders (tuis, skool of kinderkerk) ure lank besig hou.
CD 1: 155 Ou Testament Stories
 vertel deur Goggas en Gediertes
 Begin by Genesis en eindig by Maleagi. Daar is unieke stories en kleurprente van al die gediertes asook ‘n lang lys interaktiewe aktiwiteite.
CD 2: MY JESUS ABC
Swart & wit inkleurprente uit die Bybel van al die alfabetletters met Afrikaanse en Engelse byskrifte.

KONTAK: Rene’ van Zyl by: renevanzyl101@yahoo.com of imaginemoonstones@gmail.com 0823964100
Kyk vir voorbeelde op die webtuiste: www.bybelboekwurm.blogspot.com
Bankbesonderhede: R. Van Zyl. ABSA Hartbeespoort Tjekrek.nr. 640178337


Pryslys: 
Alles is data-inligting wat jy aflaai en print soos jy nodig het vir jou klas.

66 Bybelboeke cd (Afrikaans of Engels)   R250 
155 Ejongspan stories (kleuters - gr2) R250 
 My Jesus ABC Inkleurstel  (kleuters-gr. 5):  R150 
Wee Monk's Tale (Novel):   R150  (Alle ouderdomme) e-book
Crossroad board game (Ages 4-10/ All ages):   R250 
(Jy kan nog die Engelse spel fisies by my aankoop - posgeld R100 deur postnet.)

Spesiale aanbod (gr. 3-7): 

90 Kinderkerklesse in speletjies CD: Jaar 1-3 Plus 66 Bybelboeke : R600 plus posgeld (Dit sluit in: 3 jaar se lesse  - dus 90 lesse)
Jy hoef nooit weer enige lesse aan te koop nie - na drie jaar (eintlik meer) het jy alles klaar uitgeprint en kan jy net voortgaan met lesse gee - van die begin af. 

Alles kan afgelaai word van dropbox. Dis baie eenvoudig en jy spaar die posgeld. 
Ek het vroeer die inligting as CD's verkoop maar daar is te veel probleme daarmee en dis onnodig - jy laai net op jou rekenaar alles af en jy h et dit vir altyd.

***********************************************

 Kyk gerus na die MENU met ander bladsye hierbo heelbo aan die blad om te sien wat jy nog kan gebruik vir jou kinderkerk. 

HIERONDER IS VOORBEELDE VAN LEKKER KINDERKERK OF HUISGODSDIENS IDEES.    


CROSSROAD BOARD GAME - lekker vir die gesin om saam met Jesus te reis en met stomstreke, woordraaisels en prenteraaisels te leer oor sy woorde en dade. (Slegs in Engels beskikbaar maar Afrikaanse boekies en kaartjies kan jy aflaai vanaf dropbox) Koste: R250 

(Jy kan die bordspeletjie by my aankoop: ek het net Engelse weergawes oor maar ek kan vir jou die Afrikaanse boekies se inligting en kaartjies aanstuur sodat jy dit self kan uitprint.) Posgeld met Postnet sal R100 wees.

As jy meer as een produk bestel bly die posgeld R100.




























Monday, November 12, 2012

NUUT! GEHEUESKETSE VAN ELKE BYBELBOEK!


PREDIKANTSVROU ONTWERP BYBELBOEKE IN SKETSE!

Om kinders op ’n lekker manier al 66 boeke van die Bybel te leer, is die droom van René van Zyl, predikantsvrou, kinderwerker en skrywer van Hartbeespoort. Hierdie droom is gebore uit haar vroeëre beroep as joernalis, sê sy, toe haar leuse was: om in te lig, op te voed en te vermaak! Dit het sy toegepas op die Bybel en die vrug van haar werk is 'n laserskyf met al 66 boeke van die Bybel in geheue-prente saamgevat. Hieraan werk sy al die afgelope vyf jaar.   

Dié bonte mengelmoes van prente in kleur, asook in swart en wit, is die produk van jare se navorsing, versameling van inligting en van sketse ‘optower’ waarin die essensie van elke Bybelboek saamgevat is. Nou kan 'n mens met een oogopslag 'n geheelprent kry van elke Bybelboek. Dit is so kreatief gedoen dat groot en klein nou hul Bybel op die punte van hul vingers kan opsom, omdat die brein ’n prent het om mee te werk. Die pragtige en humoristiese illustrasies is gedoen deur René se kunstige suster, Esmé Walker, wat self spog met 'n ATKV Veertjie toekenning vir 'n vroeëre kinderboek se illustrasies.

Die laserskyf waarin al die Bybelboekprente saamgevat is, bevat ook die leidrade wat nodig is om elke skets te verstaan en René het 'n eenvoudige geïllustreerde Bybelse tydlyn aangeheg. Ja, onthou die leuse: inlig, opvoed en vermaak! Sy sê sy leer die kinders by die Kuierkerk waar haar man, Anton,die predikant is, ook hierdie Bybelboeke. Hiermee saam gebruik sy interaktiewe lesse wat sy weekliks skryf en wat pas by die Bybelboekprente. Daar lê vir haar min waarde in om die kinders, soos oor al die jare, slegs die Bybelkarakters met 'n morele les te leer. Die kind moet van kleins af die Bybel in sy volheid leer ken, met die tydlyn en die betekenis van elke boek vir ons in vandag se tyd, sê sy passievol. Haar man gebruik hierdie sketse ook met groot sukses by sy weeklikse Bybelskool om vir volwassenes die Bybel makliker verstaanbaar te maak. Die grootmense geniet die prente net soveel soos die kinders en almal is dit eens dat hul nou maklik die Bybelboeke kan onthou.

René het oor baie jare as kinderwerker en poppemeester begin agterkom hoe sleg kinders (en hul ouers) die Bybel ken. Sy wou hierdie tendens verander. Hoeveel mense weet selfs dat daar 66 boeke in die Bybel is? Die sketse is veral waardevol vir regterbrein mense (groot en klein) wat in prentjies dink. René sê dat sy met hierdie projek self buitengewone kennis opgedoen het en dat sy nou vir die eerste keer in haar lewe werklik voel sy begin die Bybel verstaan. Sy geniet dit as mense vertel hoe hul nou toegerus is om die Bybelboeke te onthou omdat hulle 'n geheue-skets het van elke boek en 'n eenvoudige tydlyn wat die Bybelse tyd verduidelik.  

René is ook die skrywer van die 2010 Christelike jeugboek, Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality en 'n Christen interaktiewe bordspel, Kruispad, wat sy self laat druk en uitgee het. Totdat sy 'n uitgewer vir die Bybelboek laserskyf kry, bemark sy dit self om haar kostes te dek. Navrae oor die produk kan gerig word aan: renevanzyl101@yahoo.com of whatsapp haar by: 082 3964 100. 

(Beriggie in ons plaaslike koerant, die Kormorant, op Hartbeespoort - oor my nuutste projek waarmee ek al 'n paar jaar besig is en uiteindelik voltooi het! Hie-ha! Prys die Here!)

Rene' skryf ook Romanse - en het twee samesweringsromans, Die Alfadokument en Die Omegakomplot uitgegee. Kyk gerus op haar blog: renevanzyl.bogspot.com vir meer inligting oor haar 15 boeke wat reeds verskyn het by onder andere Lapa uitgewers. Alles is ook as e-boeke beskikbaar op amazon.com